Voetspore In Die Sand Inkleurboek
“Die tye toe jy slegs een ry voetspore gesien het, was die tye toe Ek jou gedra het.”
Voel dit soms of jy alleen in ’n see van bekommernis rondspartel? In sulke tye het jy gerusstelling nodig dat God altyd by jou is en jou nooit verlaat nie.
Voetspore in die sand is ’n inkleurboek vir volwassenes wat deur Skrifbeloftes en die immergroen woorde van die gedig “Voetspore” jou gemoedsrus sal gee wanneer jy dit die nodigste het. Voed jou kreatiewe sy en vind rustigheid in die 40 volblad-illustrasies.
’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.
Vind die sekerheid wat jou hart nodig het vir daardie stormagtige tye in jou lewe en word wees bewus van die Een wat jou elke dag dra.
• 40 volblad-illustrasies
• Die immergroen woorde van die gedig “Voetspore”, met bemoedigende beloftes uit die Woord
• 12 boekmerke, 15 kaartjies en 18 geskenk-etikette wat ingekleur kan word
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur kan word
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word