As Die Kat Weg Is...

As Die Kat Weg Is...

Regular price
Sold out
Sale price
R 89.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Aristoteles die kat is omgekrap toe hy uitvind Anna soek ’n hond vir haar verjaardag. ’n Irriterende, keffende hond! Aristoteles besluit al manier hoe hy Anna gaan laat besef hoe belangrik hy in haar lewe is, is om weg te loop. Ongelukkig is die lewe van ’n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …
Aristoteles is ’n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi – hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag ’n hond vir haar verjaardag he. ’n Hond!?! Watter verstandige agtjarige dogtertjie wil so ’n irriterende, keffende dierasie he?. Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken – en hy gaan wegloop om sy punt te bewys. Ongelukkig is die lewe van ’n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …