Die Vyfde Aspoester

Die Vyfde Aspoester

Regular price
R 279.00
Sale price
R 149.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons 
kyk of  jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media 
beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal 
baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed 
dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. 
Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens 
en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy 
hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.