Leeu Wat Drukkies Gee En Ander Ware Dierestories

Leeu Wat Drukkies Gee En Ander Ware Dierestories

Regular price
Sold out
Sale price
R 85.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende ’n leeu in ’n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet ’n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het.
Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wereld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende ’n leeu in ’n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet ’n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories: 1. Die leeu wat drukkies kon gee: Twee vriende koop ’n leeuwelpie in ’n afdelingswinkel in Londen – maar kort voor lank word hy ’n groot maanhaarmannetjie! Hulle besluit om hom in Afrika te hervestig, en jare later steel hy die wereld se harte. 2. Salty en die Twin Towers: Op 11 September 2001 het terroriste die Wereldhandelsentrum in Amerika aangeval. Salty is een van die hondehelde van daardie verskriklike dag; 3. Humphrey die walvis verdwaal: Toe Humphrey die boggelrugwalvis in ’n rivier beland, werk ’n hele span mense saam om hom te red; 4. ’n Hond soos Knersus: Knersus is ’n bielie van ’n brak – wat op ’n dag twee skelms groot laat skrik het!; 5. ’n Perd met tekkies: Almal weet gidshonde kan blinde mense help. Maar het jy al van ’n gidsponie gehoor?; 6. O, die liewe Lulu: Lulu die boepensvarkie het ’n heldin geword – sy het hulp ontbied nadat haar eienaar ’n hartaanval gehad het!. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!.