Sanri Steyn: Die Rustelose Mummie (8)

Sanri Steyn 8 : Die Rustelose Mummie

Regular price
Sold out
Sale price
R 79.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Sanri is opgewonde toe sy hoor ’n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf! Maar dan begin vreemde dinge gebeur. Kan dit wees dat die mummie soms lewend word? En wat wil hy he?
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor ’n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf! Maar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto’s? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap? Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy he? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom ’n storie ... Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!