
Lekker kos is deel van Suid-Afrika se koserfenis en tradisionele boerekos beteken vir meeste mense huiskos, soos net jou ma of ouma kon voorberei. 50 Boerekosgeregte is ‘n samestelling van goed-beproefde resepte uit die kombuise van die Vroue Landbouvereninging van die Noord-Kaap – dus is daar resepte vir weeksdag-etes, spesiale geleenthede en familiesaamtrekke. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark.