Die Storie Bybel vir kinders se eiesoortige illustrasies, maklik leesbare teks, Bybelvers vir elke storie en Skrifverwysings sal dit ’n geliefde storieboek maak. Die teks is van so aard dat klein kinders dit maklik sal verstaan, maar ouer kinders sal ook nie verveeld raak met die storie nie.
Die Storiebybel vir kinders bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak.