Ek Wil Soos Jesus Wees

Regular price
Sold out
Sale price
R 89.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Vier oulike stories wat kinders sal help om goddelike gewoontes en ’n positiewe gesindheid te ontwikkel.

 

Die gewoontes en gesindhede wat kinders in die eerste klompie jare van hulle lewe ontwikkel, kan die res van hulle lewe beïnvloed. Dit is daarom belangrik dat ouers seker maak hulle kinders leer van die begin af die regte gewoontes aan. Hierdie pragtige 4-in-1 boek deur Carolyn Larsen is die ideale hulpmiddel vir ouers wat graag vir hulle kinders die regte waardes wil leer.

Die Ek wil soos Jesus wees-omnibus sal jong kinders help om hulle gevoelens te verstaan, Christelike gewoontes te ontwikkel en positiewe gesindhede en gewoontes aan te leer wat die res van hulle lewe sal hou. Hierdie omnibus sluit in:

· Praat altyd die waarheid

· Tel tot tien voordat jy kwaad word

· Wees vriendelik met almal

· Moenie kroek nie

Help jou kind om goddelike gewoontes en ’n positiewe gesindheid te ontwikkel.