{"product_id":"kroonwild","title":"Kroonwild","description":"\u003cp\u003e‘n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild …\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eNou word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Die wat in Azanie wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in ‘n tentekamp in die Kaap, hy bly in ‘n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter ‘n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy ‘n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Besigheid 166p.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar in Azanië wil elkeen sy deel hê en ‘n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.\u003c\/p\u003e","brand":"LAPA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50791071908092,"sku":"9780639606149 Lapa","price":369.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0207\/5593\/9392\/files\/41bXmekagrL.jpg?v=1785509533","url":"https:\/\/www.toyville.co.za\/products\/kroonwild","provider":"Toyville - South Africa","version":"1.0","type":"link"}