Lana En Rakker 8 : Rakker En Die Troue

Regular price
R 129.00
Sale price
R 129.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Lana se gesin neem ’n pragtige Jack Russell-hondjie aan. Wanneer Lana die hondjie Rakker noem, het sy geen idee hoe stout hy gaan wees nie. Rakker beland die heeltyd in die moeilikheid. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou?

Lana en haar sussie gaan blommemeisies op tannie Emma se troue wees. Maar Rakker is baie nuuskierig oor al die gewerskaf vir die troue – en hy wil ook deel van die planne wees. Lana wil graag hê Rakker moet troue toe kom, maar die res van haar gesin dink nie dit is ’n goeie plan nie. Kan Rakker hom lank genoeg soet gedra om ook na die troue genooi te word?

Jong troeteldierliefhebbers sal versot wees op Lana en haar ondeunde hondjie, Rakker, se skreeusnaakse avonture!