My Eie Klein Gebede Boek

Regular price R 129.00

Tax included. Shipping calculated at checkout.

Dave Strehler help kinders tussen 6 en 10 jaar ontdek hoe wonderlik dit is om te bid en jou lewe met God te deel.

In My eie klein gebede-boek leer topverkoper-outeur Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles van gebed. Die verskillende afdelings in hierdie gebedeboekie met pragtige waterverf-illustrasies kyk na verskillende tipe gebede en hoe om te bid.

Kinders leer hoe om God te loof en aanbid, te vra wat hulle nodig het, dankie te sê vir wat Hy vir hulle gedoen het en om deur die loop van die dag oor alles en nog wat met Hom te praat – alles deur gebed. Elke afdeling sluit in ’n kort gebed om te bid, ’n sleutel-teksvers en ’n toepassing om te bekragtig wat die kind geleer het