20 gunsteling Bybelstories en gelykenisse wat kleintjies kan saamdra en lees.
My skatkis-Bybeltjie is ’n uitstekende bekendstelling aan God se wonderlike wêreld vir kleuters.
My skatkis-Bybeltjie bestaan uit 8 stories uit die Ou Testament en 12 stories en gelykenisse uit die Nuwe Testament. Die Bybelstories word eenvoudig en kort oorvertel sodat kinders ook deel kan hê aan die wonderlike boodskap van die Bybel.
Kinders sal die stories in hierdie saamdra-Bybeltjie oor en oor wil lees. Die handvatseltjie sal ook verseker dat hy nooit by die huis bly nie!