
’n Skattige boek vir dogtertjies propvol stories, speletjies en aktiwiteite wat ’n prinses kan doen.
Die meeste dogtertjies droom op ’n stadium daarvan om ’n prinses te wees. Hulle is mal daaroor om mooi, lang rokke en pragtige skoene aan te trek en ’n kroon op hulle kop te sit. Wat hulle egter nie besef nie, is dat hulle reeds ’n prinses is – in God se oë.
Joline, wat graag ’n prinses wil wees, ervaar baie oppe en affe terwyl sy leer om altyd die beter pad te kies deur te bid en vir Jesus, die Koning van die konings, om hulp te vra. Dogtertjies sal besef ’n regte prinses verskil nie veel van hulle nie. Hulle doen die meeste dinge wat ons elke dag doen en soms loop dinge vir hulle ook skeef. Dogtertjies is God se prinsessies, en wanneer hulle vol van sy liefde is, kan hulle ook eerbare dinge doen.
Prinses Joline is ’n skattige boek propvol stories, speletjies en idees vir aktiwiteite van dinge wat ’n prinses kan doen, soos om liefdevol en vriendelik te wees