Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 (3in1)

Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 (3in1)

Regular price
R 239.00
Sale price
R 135.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! In die Reenboogrant Tieners-boeke is Shani en Sunette op hoerskool, en daar is hope opwinding met partytjies, kerels en die ander uitdagings van grootword. Die omnibus bevat drie titels.
Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reenboogrant-jare! In die Reenboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoerskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kerels en ander uitdagings van grootword. Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit die gewilde reeks: Drome en dramas; Hartebreker; Anderkant die reenboog; Drome en dramas: ’n Splinternuwe BMW. ’n Modelkontrak in Italie. Twee retoervliegkaartjies na enige bestemming van jou keuse. Klere ter waarde van R20 000 ... Dis maar net ’n paar van die pryse wat gewen kan word in die Face of the Future-skoonheidskompetisie ... en Shani is vasberade om te wen. Maar Rachelle gaan natuurlik ook inskryf ... en sy gee nie om om vuil te speel nie. Hartebreker: Daar is ’n nuwe hartebreker in die Hoerskool Reenboogrant. Hy’s baie aantreklik en speel boonop ’n hoofrol in ’n nuwe sepie. Nou soek die vervaardigers na ’n meisie as ’n byspeler. Shani is vasberade om die rol in te palm, maar Sunette gaan ook vir die oudisie ... en Rachelle natuurlik ook. Min mense is bestand teen Sunette se wasige skoonheid en Rachelle het al hope skoonheidstitels en kan mense om haar pinkie draai. Wie gaan die rol kry?. Anderkant die reenboog: Die beroering wat die aantreklike nuwe hartebreker in die Hoerskool Reenboogrant veroorsaak het, het skaars bedaar, toe ’n nuwe meisie van die Kaap haar verskyning maak. Al die ouens – selfs Dolf – swerm die heeltyd om die pragtige Monique. Shani en Sunette het net mooi genoeg hiervan gehad. Maar dan bars die bom en Monique se geheim kom op die lappe ...