FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R700

Snowy Afrikaans
Snowy Afrikaans

Snowy Afrikaans

Regular price
Sold out
Sale price
R 67.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.

Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.

Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aan­klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, ʼn baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

Elke storie word gekomplementeer met ʼn teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met ʼn plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.

Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou ʼn gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.