In 20 bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament ontdek kinders meer oor God se liefde en beloftes.
Stories uit die Bybel vir kleuters is ’n versameling van 20 Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament.
Met behulp van kleurvolle illustrasies en maklik verstaanbare teks ontdek kleuters en jong lesers meer oor God se liefde en beloftes vir sy mensekinders.
Wat dit nog meer opwindend maak, is die iPhone en iPad app wat by iTunes beskikbaar is. Hierdie app laat kinders toe om na ’n voorlesing van die stories te luister. Ouers kan ook self hulle stemme opneem vir wanneer hulle nie by die huis kan wees nie. Die opwindende animasies op die app sal kinders ook vir ure betower!
Hierdie lekker interaktiewe boekie met sy oulike dra-handvatseltjie sal gou ’n gunsteling wees onder kinders.