101 dagstukke om ’n superheld vir Jesus te wees.
Wat het al die groot superhelde in gemeen? Wel, behalwe vir die kleurvolle kostuums, mantels en superkragte, is hulle almal gewone mense soos jy. Hulle kort ook aanmoediging en daai ekstra hupstoot.
Superhelde – Dagstukke, geskryf deur Carolyn Larsen<span > en geïllustreer deur Joe Goode, help seuns in 101 oordenkings om te verstaan wat God van hulle verwag as groot superhelde. Hulle sal leer dat om ’n goeie vriend te wees, ander te respekteer, die waarheid te praat, en vele ander eienskappe hulle superkrag is om ’n superheld vir Jesus te wees. Saam met elke dagstukkie is daar ook ’n onthou-nota om seuns te leer hoe ware superhelde optree.
Superhelde – Dagstukke sal seuns uit hulle groot helde-gids – die Bybel – leer <span >wat dit beteken om ’n superheld vir Jesus te wees.