Wat Glo Jy?

Wat Glo Jy?

Regular price
Sold out
Sale price
R 49.00
Tax included. Shipping calculated at checkout.
Quantity must be 1 or more

52 antwoorde op kinders se vrae oor God, Christus, geloof en die Gees.

 Wie is God? Wat is die Bybel? Wat is sonde? Hierdie konsepte is soms vir volwassenes moeilik om te verklaar, wat nog te sê vir kinders. Chris van Wyk bied egter ’n maklike en kinder-vriendelike oplossing om kinders toe te rus om die kernwaarhede van die Christelike geloof te begryp en sinvol weer te gee.

     In Wat glo jy? gee Chris antwoorde vir 52 geloofsvrae wat as basis vir die Christelike geloof beskou kan word. Elkeen van hierdie vrae word toegelig met ’n eenvoudige antwoord, ’n opsomming van ’n Bybelstorie ter illustrasie van die konsep en ’n teksgedeelte uit die Bybel.

     Wat glo jy? is bedoel vir kinders tussen 8 en 12 jaar omdat hulle ’n onderskeid tussen feite en interpretasies begin ontwikkel en hulle eie menings begin vorm. Dit is dus die ideale tyd om die basiese boustene vir ’n standvastige geloof te lê.